vrou

Vrou na God se hart

Hierdie maand het ons die geleentheid om vrou-wees te vier. Vir enige vrou is die skrifgedeelte in Spreuke 31 ‘n strewe, maar verseker ook ‘n uitdaging!

Vir baie jare het die vyand (Duiwel) in my eie lewe kom steel juis deur hierdie skrifgedeelte. Dit is mos in sy aard – hy kom net om te steel, verwoes en te vernietig.

Vroeër hierdie jaar het Jesus my egter iets aan my openbaar in een spesifike vers.

She seeks wool and flax, and willingly works with her hands.

Proverbs 31:13

Ek het altyd geglo dat hierdie skrifgedeelte daarop dui dat ek (as vrou) kreatief en vindingryk moes wees. Dis vir al met hand-en naaldwerk takies (iets waarvoor ek as persoon geen passie en natuurlike aanvoeling het nie).

Hoe meer ek op hierdie gedeelte mediteer het, hoe meer het ek besef dat die teenoorgestelde egter waar is.

As Skepper God het Hy in ons elkeen iets uniek en skeppends geplaas: of dit nou naaldwerk, kreatiewe takies in en om die huis, gasvryheid, opregte deernis en omgee vir ander se nood, of om ‘n veilige hawe vir jou geliefdes skep.

God se hart is egter dat ek “willingly work with my hands”, met ander woorde deur uit te reik, lief te hê, om te gee, te dien, te koester, en te bid.

Dankie Jesus vir die liefdevolle wyse waarop U ons lei tot oorwinning. Die vyand het wel gekom om te vernietig, te vermoor en uit te roei, maar U het gekom dat ons lewe mag hê, en dit in oorvloed! Ons eer U vir U goedheid, genade en seën. Aan U alleen kom al die lof, dank en eer.

Amen.