‘n Gunsteling oomblik om van deel te wees, is om kinders dop te hou wanneer hulle ‘n geskenk ontvang en op te let hoe hulle dit dan dadelik begin oopmaak.
Ongeag hoe mooi die geskenk papier is, hoe pragtig die lint gedrapeer is, ongeag al die moeite en liefde waarmee die geskenk gekies, gekoop/gemaak en toegedraai is – die ware fokus is egter die verrassing wat binne in die geskenk papier wag om ontdek te word!
Dit is vir almal lekker om ‘n geskenk te ontvang: onverwagse geskenke uit die bloute, net om te sê “ek is lief vir jou, ek waardeer jou” asook ‘n verjaarsdag geskenk of tydens spesiale fees vieringe.
Dit het dalk tyd geword om weer die kind in onsself te ontdek. Daardie kinderlike opgewondenheid van dit wat “binne” die pakkie wag om ontdek te word!
Net so is dit in die lewe. Ons weet nie wat vandag, môre of die dag daarna inhou nie, maar a.g.v. Sy Godheid en goedheid, het ons die wete en gerusstelling dat Hy self elke nuwe dag mooi toedraai in Sy liefde en teenwoordigheid, altyd. Emmanuel; Hy is MET ons!
Behold, the virgin shall be with child, and bear a Son, and they shall call His name Immanuel,” which is translated, “God with us.
Matthew 1:23 NKJV
Mag ons met kinderlike opgewondenheid elke dag Hom meer en meer ontdek soos wat ons tyd by Sy voete spandeer.
Mag hierdie kersgety ‘n Godlooflike getuienis wees van die grootste geskenk ooit – Jesus Homself – vir jou en my!