Woord kersfees

Geseënde Kersfees

God se Woord is altyd konstant, altyd die waarheid en altyd getrou.

Dit is skerper as ‘n twee-snydende swaard en penetreer tussen murg en been, siel en gees – diep tot daar waar die waarheid openbaar moet word. Sy Woord verander nooit, maar dit verander wel vir ons…

Ons het tans die voorreg om Jesus se geboorte te vier, die grootste geskenk ooit! Die mees waardevolste geskenk wat ons vir mekaar kan gee, is om mekaar te was in Sy woord.

Sy Woord bring waarheid, hoop, gemoedsrus, vreugde en ‘n blydskap wat die wêreld nie kan bied nie.

Vir ons is ‘n Seun gebore; aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Jesaja 9:5

Mag jy en jou geliefdes ‘n geseënde Christus fees beleef.