geloof

Aanhou, moed hou, geloof behou

Die nuwe jaar het skaars begin, en tog voel dit vir sommige of hierdie jaar klaar met ons begin weghardloop het. Soms voel alles oorweldigend en dit is dan wanneer ons stoei om kop bo water te hou – veral met ‘n positiewe ingesteldheid. Gelukkig weet ons – “‘n Dag op ‘n slag” is altyd ‘n goeie uitgangspunt!

Sodra ons die uitdagings van die lewe in die gesig staar en dinge ons oorweldig, bemoedig God ons in Sy Woord van Sy alomteenwoordigheid.

Die vyand probeer daarin slaag dat ons ekstra druk ervaar deur onnodige spanning op ons te plaas, maar God se hart is om ons altyd op te lig deur die fokus na Hom te skuif en in geloof te stap.

Being confident of this very thing, that He who has begun a good work in you, will complete it until the day of Jesus Christ.

Philippians 1:6

Gebed:

Dankie Jesus dat U klaar maak wat U begin het; dat U nooit halfpad ophou of moed opgee of selfs moed verloor nie.
Dankie dat ons ons hoop in U kan plaas. U wat belowe, is getrou. Amen