waarheid

Waarheid Maak Vry

Dit is nie altyd maklik om die waarheid te vertel nie, maar ons kan almal uit ons eie ervaring getuig dat die waarheid altyd die beter opsie is.

In die Bybel word ons selfs daaraan herinner dat die waarheid ons vry maak.

Om vry te wees beteken om los te wees van bindinge, verlede, houvas – enige iets wat ‘n remmende faktor in ons lewe het.

Bindinge bring stremming, maar vryheid bring lewe, en dit in oorvloed.

God se hart was nooit dat ons vasgevang moet wees in situasies nie, maar vry soos ‘n arend, bo die omstandighede van hierdie wêreld.

Daar sal altyd uitdagings wees, maar net soos ‘n arend, moet ons kies om bo die omstandighede wat ons daagliks in die gesig staar, te sweef – verder weg van ons, nader aan Hom.

Die enigste manier hoe ons hierdie sal regkry, is as ons op kyk – fisies en geestelik.

God bevestig in Sy Woord dat ons verseker op aarde uiitdagings sal ervaar, maar dat moet moed hou, want Hy het reeds die wêreld (al al sy uitdagings) oorwin.

Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer breek Sy Woord vir ons oop.

If you abide in My Word, you are My disciples indeed. And you shall know the truth, and the truth shall make you free.

John 8:31

Kies dus vandag om vry te kom van al die bindinge en leuens wat te lank al ‘n houvas op jou lewe gehad het.

Sy waarheid, die VOLLE waarheid, maak vry.