Ek besef net al hoe meer dat ons (as God se kinders) nooit regtig sal kan besef HOE intens lief God ons werklik het nie.
Alhoewel ons dit nooit regtig sal kan verstaan nie, kan ons wel kies om te glo dat Sy liefde onvoorwaardelik is, en dus volmaak!
God se hart is altyd Sy kinders.
Bless the Lord, you His angels, you mighty ones who do His commandments, obeying the voice of His word!
Psalm 103:20 AMP
Hy gee selfs die engele opdrag en hulle gehoorsaam Sy bevele, want hulle ken Sy woord en Sy stem.
For He shall give His angels charge over you, to keep you in all your ways.
Psalm 91:11 NKJV
Wat ‘n voorreg om Sy liefde vir jou en my te kan koester. Mag ons daagliks groei in die wete: “ek is geliefd, onvoorwaardelik geliefd deur my Skepper”