uitdagende

Vertroue in God

Ons kan almal daarvan getuig dat ons in uitdagende tye leef. Ek besef net al hoe meer dat dit ‘n baie donker plek moet wees as daar geen hoop in ‘n persoon se hart is nie.

Dit moet ook ‘n vreesaanjaende plek wees as persone nie ‘n lewende  verhouding met Jesus het nie – ‘n leefstyl gevul met oorweldiging, alleenheid, strewe, moedeloosheid en angs om net ‘n paar te noem.

Een van die uitdagendste dinge is soms om uit te reik na ander vir hulp en raad.

God het egter vooraf geweet dat ons ‘n Helper gaan nodig hê, daarom het Jesus die Heilige Gees agter gelaat het na Sy hemelvaart om ons te troos en lei op ons aardse reis.

I waited patiently for the Lord’s help; then He listened to me and heard my cry. He pulled me out of a dangerous pit, out of deadly quicksand. He set me safely on a rock and made me secure. He taught me to sing a new song, a song of praise to our God. Many who see this will take warning and will put their trust in the Lord. Happy are those who trusts the Lord.

Psalm 40:1-4a GNT

Wat ‘n Godlooflike getuienis van God se Vader hart vir Sy kinders – een van omgee, uitreik, teenwoordigheid, liefde (onvoorwaarwaardelik), beskerming, leiding, vergifnis en voorsiening!